Soek jy die span wat na jou belange omsien. ‘n Span wat jou eiendom bestuur volgens wetgewing sonder om ‘n arm en been te betaal. Dan moet jy Ann en Jeaneen kontak! Met 12 jaar ondervinding in die eiendom bedryf kan u nie verkeerd gaan nie! Deeltitel bestuur en verhuurings is hulle forté.

Met gebruik van geregistreerde stelsels soos PayProp wat elke trustee, eienaar en huurder ‘n ďeursigtige uitkyk op hulle rekeninge, inkomstes en uitgawes gee, is u verseker dat niks verkeerd kan gaan nie. As geregistreerde agente met FFC sertifikate vanaf die PPRA en die nodige stelsels in plek, wat u toegang gee na elke doen en late op u eiendom, is u verseker van perfeksionistiese diens. ‘n Span van krag, eerlikheid, hardwerkend en verantwoordelik. Ons bied u ‘n geruste hart en ‘n bekommernis vrye lewe terwyl ons u eiendom bestuur.

Ons bestuur krediet kontrolering, invorderings, finansies en onderhoud op elke kompleks of verhuurings eenheid. Elke stap word deur ‘n eienaar of trustee afgeteken. Ons gee ook onderrig omtrent wetgewing van deeltitel en verhuuring sodat ons kliënte kennis het om hulself te verreik.

Ann en Jeaneen van die Pelser Groep streef na satisfaksie en vreugde vir hulle kliënte. Hulle veg die geveg vir u sonder dat u enige bekommernis het.